Hier is dit uiteindelik:

 

Die Ollies se familieboek as n E-boek!

 

Laai GRATIS af of Lees aanlyn

 

 

        Om die volledige boek in PDF-formaat (ongeveer 100 mb) af te laai, klik hier.

 

        Indien u slegs die Geslagsregister-gedeelte van die boek in PDF-formaat (ongeveer 30 mb) wil aflaai, klik hier

 

        Die volledige gedenkboek en geslagsregister is ook in n hele aantal verskeie formate (PDF, Exe program, Webblaaier) op n CD saamgevat.
Om hierdie CD inhoud (ongeveer 1.45 Gigabytes!!) af te laai klik hier.

 

        Om die boek aanlyn te lees klik hier.

 

Agtergrond:

 

Die Gedenkboek van die Familie Olwage, Olwagen, Oldewage, Ollewagen, Ollewage en Olderwagen, wat in 1996 verskyn het, is in verskeie opsigte vernuwe sodat die eerste e-boek daarvan nou die lig kan sien.

 

n Groot deel van die boek, vernaamlik die afdeling oor die familiegeskiedenis. is so te s presies behou soos dit destyds gedruk is.

 

n Hele aantal veranderinge is egter aan veral die geslagsregister genoodsaak, want omtrent n hele geslag het intussen verbygegaan. Nie die minste nie, moes n hele aantal Holloways geakkomodeer word wie se voorsaat eintlik n Ollie was wat sy van verander het.

 

Die geslagsregister van die Ollies is egter nie meer naastenby volledig nie, omdat dit vir my as die laaste oorlewende werker aan die oorspronklike boek n onbegonne taak sou wees om op eie houtjie opnuut nuwe aankomelinge te soek.

 

Tog behoort dit vir ELKE nasaat van ons stamouers moontlik te wees om indien nie sy of haar eie naam nie dan wel die name van baie naby familielede hierin te vind sodat almal kan weet waar hulle eintlik by die familie inskakel. As jy probleme hiermee ondervind, maak kontak met my by dugeot@gmail.com

 

Familielede wat opdaterings verlang in n moontlike tweede e-boek later, kan soos altyd steeds met my in verbinding tree by dieselfde e-pos-adres.

 

Ollie-groete

 

Goethe Olwagen